Hortgro Science Besproeiingsseminaar in die Langkloof

 In News Room Industry News

Produsente in die Langkloof gaan gebuk onder ’n hewige droogte. Daarom het 80 van dié produsente op 19 September vir die Hortgro Science Besproeiingsseminaar by die Kliphotel op Misgund opgedaag.

Verskeie onderwerpe wat handel oor besproeiing tydens droogtetye is gedek. Klem is veral geplaas op besproeiing tydens die regte groeistadium (fenologiese stadium).

Genoeg water is van die uiterste belang met blomtyd, vrugset en seldeling. Waterstres beïnvloed bevrugting en selverdeling, en kan laer opbrengste en kleiner vrugte tot gevolg hê. Dus meen spreker Mico Stander van AgriMotion, die boom se fenologiese stadiums moet as riglyn gebruik word vir besproeiingskedules. Stander het die volgende fenologiese tydlyne vir kern- en steenvrugbome verskaf:

 

Fenologiese stadiums soos uiteengesit deur Mico Stander van AgriMotion (info@agrimotion.net, 021 851 1051)

 

Volgens Donald Strydom van Kloof Plase, een van die produsente wat dié dag bygewoon het, was die besproeiingsseminaar baie leersaam.

“Die redelik tegniese inslag van die aanbiedings het gehelp om die gedagtes weer te verfris en die agtergrond waarteen sekere tegnieke en praktyke aanbeveel word, beter te verstaan. Dit sal beslis bydra om beter praktiese besluite te neem en veral om besproeingsbeplanning oor die kort tot medium termyn meer doeltreffend te maak. Dit was ’n goeie ervaring en beslis die moeite werd.”

Lees meer oor die verskeie aanbiedings in die opsommende verslag hier.

Recommended Posts

Leave a Comment

Contact Us

Get in touch!

Not readable? Change text. captcha txt